Saturday, May 2, 2009

Verwarring oor sonering vir studente - Apr 30 2009 Beeld

Hettiën Strauss

Groot verwarring heers oor die twee voorgestelde stukke oor studentebehuising om aan die sowat 38 000 studente aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) en die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) huisvesting te bied.

Rdl. Cindy Grobbelaar sê naas die een konsepstuk van die Johannesburgse metroraad wat onlangs druk by die UJ bespreek is, is daar nou nog ’n voorstel – en dit verwar die inwoners.“In dié konsep (wat die UJ-omgewing insluit) word gebiede waar verdigting toegelaat word, as rooi sones bestempel.”

Grobbelaar sê heelwat sonerings is nie in ooreenstemming met die metroraad se plan vir stedelike en ruimte-like ontwikkeling vir dié woongebiede nie.

Rdl. Sharon Sabbagh sê dele van woonbuurte wat in die konsepbeleid in donkerrooi aangedui word, is vir sone 1-behuising, met ander woorde hoë studenteverdigting, geoormerk.In sone 2 word ’n huiseienaar toegelaat om tot drie studente of huurders te huisves, maar so ’n persoon moet ’n gesondheidsertifikaat besit. Die Melville-inwonersvereniging (MRA) het beswaar gemaak teen strate wat in die dokument genoem word, maar volgens die metroraad se stede-like-vernuwingsplanne uitgesluit word.

Die ruimtelike-ontwikkelingsplan laat nie studentebehuising in die aangrensende gebiede van Eerste Laan en Eerste Straat in Melville en Main-straat, Aucklandlaan, Kingsway, Twickenhamlaan, Cookhamweg, Universiteitsweg en die eiendomme tussen Dittonlaan en Chiselhurstrylaan in Auckland Park toe nie, maar dit word wel in die konsep geoormerk.

Die gebied in Auckland Park wat aan Streatleylaan, Mainweg en Lothburyweg grens, is wel geskik. Die MRA sê dit is nie duidelik watter eiendomme geraak word nie.Die deel wat grens aan Streatleylaan, Mainweg, Kingsway en Lothburyweg (Kampusplein) kan gesoneer word vir studentebehuising.

Sabbagh sê die MRA is bekommerd oor die rooi grenslyn wat regdeur Melville loop. Dit strek van Richmondstraat in Richmond tot by Vyfde Laan in Melville.Baie dele van die woonbuurte Ross- more en Brixton is geskik gevind vir dié soort behuising. So ook Perthstraat in Westdene. “Indien die metroraad en UJ samewerking van ons wil kry, sal hulle openlik met ons moet wees,” sê Sabbagh.

1 comment:

  1. Certain inaccuracies are evedent in this article. COJ has presented red zones that could be earmarked for high density development (demolish and rebuild and mostly and arterial routes not fit for families) - they have presented their anticipated red zone areas and the representatives have put forward arguments on suitability - for the rest of the area the commune policy would apply - this entails applying for consent use rights to conduct a boarding house - at this stage it looks like they want to limit the amount of people to 8 per property but this sounds unreasonable as a blanket rule for all sizes of property.

    The commune policy would be in line with current legislation regarding the application for consent use rights + the proposed addition of a department of health certificate that needs to be obtained after inspection by them.

    ReplyDelete