Saturday, May 2, 2009

Brooklyn se kommunes nog onder beheer

Brooklyn se kommunes nog onder beheer:
Apr 02 2009 06:34:48:733PM - (SA)

Hans Wegelin van die Burgervereniging van Brooklyn en Oostelike Gebiede skryf:

Gister se berig oor onwettige studenteverblyf in woonbuurte naby die Universiteit van Johannesburg (UJ), die inkomste wat die slumlords daaruit kry en die gevolglike stedelike verval, verwys.

Inwoners van Brooklyn, langs die Universiteit van Pretoria, sien daagliks hoe ons eie slumlords mooi groot huise aan die genade van studente oorlaat. Ons het niks teen studente nie, maar ons weet almal dat jy in daardie stadium van jou lewe nie besorg is oor die dinge wat ’n residensiĆ«le gebied sy waarde laat behou nie, soos geboue en tuine wat versorg word en stilte in die nag.

Ons het dit teen eienaars wat nie op die perseel woon nie en nie ’n flenter omgee vir wat dit aan die omgewing doen nie.

Gelukkig het Tshwane ’n kommunebeleid, wetstoepassing bestaan nog en die lede van ons burgervereniging probeer hul bes.

En dan is daar ook kommunes waar die eienaar steeds op die perseel woon, waar die huis en tuin versorg is en stilte snags gehandhaaf word.

As ons dit nie bly doen nie, is ons voorland die gemors wat om die UJ heers."

1 comment:

  1. A point in fact example that with propper management, productive and effective results can be achieved.

    ReplyDelete